Vriende

AGTERGROND

Laerskool Mariepskop het tans 15 personeel, waarvan slegs 6 deur die staat betaal word. Die salarisse van die ander 9 onderwysers moet deur die skool gedra word.

Verder is die staat se bydrae vir daaglikse uitgawes soos water-en-ligte, instandhouding van die terrein en geboue , aankoop van leermateriaal ens, minimaal.

Om hierdie salarisse en bedryfskoste te kan dek, word daar spesifieke fondsinsamelingsaksies op `n jaarlikse basis gehou, bv die gholfdag en die rugbyweek. Dit is egter nie genoeg om aan al die skool se behoeftes te voldoen nie, en het die Beheerliggaam die voorstel gemaak dat daar na bykomende metodes gekyk moet word.

Vir hierdie doel is die "Vriende van Mariepskop"-klub op 9 Junie 2009 gestig, met die doel om `n volhoubare fondsinsameling te skep.

Die doel van die klub is dus:

  • om te verseker dat Laerskool Mariepskop die finansiele vermoë het om kwaliteitonderrig en -opvoeding te kan bly verskaf
  • om ouers wat nie skoolgeld kan bekostig nie, te ondersteun deur bv kinders "aan te neem", maw hulle skoolgeld te betaal
  • om ten minste een "internskap" te borg (i.e. `n onderwysstudent wat indiensopleiding by die skool ontvang en deeltyds studeer)
  • om ouers, oud-ouers, toekomstige ouers en sakemanne van ons gemeenskap te betrek by `n volhoubare fondsinsamelingsprojek.

Die prioriteit van hierdie projek sal in volgorde wees:

  • Om internskap(pe) aan te stel
  • Die aankoop van leermateriaal
  • Die aanvulling van onbetaalde skoolgelde

Lede van die Klub word versoek om `n maandelikse bedrag van sy/haar keuse (verkieslik per debietorder), te betaal. Om `n voorbeeld te gee: indien slegs 30 persone elk `n bydrae van R200 per maand maak, kan ons 2 internskappe borg. Dit beteken 2 jong onderwysers-(esse) wat indiensopleiding kry en ook hulle bydrae op sport- en kulturele gebied kan lewer. Die bedrag kan egter ook minder wees - enige bydrae is welkom!

Indien u belang stel om lid te word van die "Vriende van Mariepskop"-klub, voltooi asseblief die vorm aan die regterkant en klik op "Stuur". Indien daar enige vrae is in die verband, kontak gerus die skoolkantoor by 083 231 4778.

U bydrae word hoog op prys gestel.

By voorbaat dankie!

INTERNSKAP: GREYLING HARMSE

Met die hulp van die fondse wat die Vriende van Mariepskop genereer is nog ‘n internskap aanstelling gemaak. Mnr Greyling Harmse sluit van die begin van 2013 by ons aan. Hy is ‘n ingeskrewe student by Unisa, waar Afrikaans, Engels en Toerisme sy hoofvakke is. Hy is onder die bekwame toesig van Mev H v Reenen.