Kleuterskool

Die skool is geleë in die Hoedspruit-area aan die voet van Mariepskop te Kampersrus. Die skool is gestig in 1986. Huidiglik is daar 100 leerders in die skool wat in die volgende fases geakkommodeer word:

  • Kabouterklas (babas : 6 mnde. tot 2 jaar)
  • Leeutjieklas (2-3 jariges)
  • Miertjieklas (3-4 jariges)
  • Beertjieklas (4-5 jariges)
  • Graad R-klas

In al die fases word die voorgeskrewe kurrikulum gevolg en die Graad R kleuters volg die leerprogram met 'n werkboek soos onderskryf deur die Onderwys Departement.

Kleuters het die geleentheid om deel te neem aan die volgende addisionele ontwikkelingsprogramme:

  • Future Kids (Rekenaaropleiding)
  • Bulletjierugby
  • Play Ball
  • Swem
  • Kumon (Wiskunde en Engels)
  • Ballet
  • Graad R kan ook inskryf by die Laerskool se Leessentrum waar hulle op hullev lak leer "lees".

Van die vele aktiwiteite wat hier plaasvind, moet ons die volgende hoogtepunte uitsonder:

  • Pappa-aand: Hierdie bly die kleuters se nr. 1 - 'n geleentheid om 'n hele aand lank Pappa se onverdeelde aandag te geniet terwyl daar speletjies gespeel, kompetisies gehou en heerlik gesmul word aan die piekniekmandjie wat Mamma ingepak het.
  • Mamma-middag: Nie so gewild soos bg., maar steeds een van die hoogtepunte
  • Konsert: Elke kind kry die geleentheid om sy buiging te maak op die verhoog. Glo dit as u wil, maar daar word amper vuisgeslaan onder die ouers oor die 380 beskikbare kaartjies vir die geleentheid.

NaskoolSentrum

Die kleuterskool het ook vanaf Januarie 2015 'n Naskoolsentrum.