Hokkie

Laerskool Mariepskop het ‘n trotse hokkie tradisie wat jaarliks van krag tot krag presteer. Die o/11 A seuns span wen die Limpopo liga van 2015. Daar word ook 9 spelers, gekies vir onderskeie 2017 Limpopo spanne. Ons strewe om hierop voort te bou.

Organiseerder:

Stephanie Bierman en Joané Meyer.

Wedstryde:

Sien voorlopige datums op jaarbeplanning vir wedstryde. Sodra ons die liga bepalings en meer inligting rondom die wedstryde ontvang sal dit aan u deur gegee word. Aangesien die liga verander het en daar heelwat minder wedtryd geleenthede gaan wees, sal ons poog om eksta vriendskaplike wedstryde waar moontlik te reël tydens die seisoen.

Spanne :

Oop A en B Liga

    • Hierdie liga bestaan uit Gr. 6 en 7 seuns en dogters van Laerskool Mariepskop.
    • Spelers behaal hierdie spanne op meriete.
    • Na afloop van die hokkiekliniek sal daar amptelik proewe gehou word.
    • ‘n 15-Tal of minder (hang af van die getalle) sal dan vir die onderskeie A en B spanne gekies word.
    • Indien daar genoeg spelers is sal daar ‘n tweede span in die liga ingeskryf word. Neem kennis dat die tweede span op vriendskaplike basis aan die liga gaan deel neem, aangesien ons van die Oop A span spelers sal moet gebruik om in die span te speel. Spelers mag nie in twee liga wedstryde deelneem nie.
    • Neem dus ook kennis dat daar van die spelers sal wees wat 2 wedstryde speel as die liga wedstryde begin, waarvan een op vriendskaplike basis sal wees.
    • GEEN o/10 of o/11 mag in die oop A spanne opgeneem word nie.

o/11 Liga – Dogters

    • Hiedie liga bestaan uit Gr. 4 en 5 dogters van Laerskool Mariepskop.
    • Spelers behaal hierdie spanne op meriete.
    • Die span sal ‘n oop A span wees, dus sal spelers op meriete gekies word na proewe gehou is ongeag of hul o/11 of o/10 is. Die proewe sal na die hokkie kliniek plaasvind.
    • Die oorblywende spelers o/10 en o/11 sal in ‘n o/11 oop B span speel. Neem kennis dat die span op vriendskaplike basis aan die liga sal deelneem indien daar nie genoeg is om ‘n vol span te maak en ons dus van die Oop A span spelers moet gebruik om in die span te speel. Spelers mag nie in twee liga wedstryde deelneem nie.
    • Neem dus ook kennis dat daar van die spelers sal wees wat 2 wedstryde speel as die liga wedstryde begin, waarvan een op vriendskaplike basis sal wees.
    • GEEN o/9 mag in die o/11 spanne opgeneem word nie.

o/11 Liga – Seuns

    • Hiedie liga bestaan uit Gr. 4 en 5 seuns van Laerskool Mariepskop.
    • Spelers behaal hierdie spanne op meriete.
    • Hierdie jaar sal daar ‘n oop A en B span wees, spelers sal op meriete gekies word na proewe gehou is ongeag of hul o/11 of o/10 is. Die proewe sal na die hokkie kliniek plaasvind.
    • Die A en die B span gaan dus kompeterend aan die liga deelneem.
    • GEEN o/9 mag in die o/11 spanne opgeneem word nie.

Proewe:

    • Proewe sal gehou word in die eerste twee weke van die derde kwartaal.
    • Datum sal aan spanne gekommunikeer word deur afrigters.
    • Die proewe bestaan uit twee dele, waarvan een ‘n vaardigheids toets is en die ander keuring op die veld is. Die vaardigheids toets se punt tel ‘n derde en die veld keuring tel twee derdes van die kind se punt uit drie. Hier volgens word die spanne bepaal.
    • Daar word ook gekyk na verskillende posisies saam met die afrigters. Let wel dat die posisies nog hier en daar kan verander soos die spanne saam oefen en ontwikkel.

Oefeninge:

    • As ‘n speler vir 3 of meer oefeninge sonder geldige verskoning die oefeninge nie bywoon, berus die keuse op die afrigter of ‘n A-span speler afgeskyf word na die B-span en ‘n B-span speler sy posisie in die span verloor.

Reserwes:

    • Na die afloop van die proewe moet die afrigters duidelik aankondig wie die reserwes in die span is.
    • Tydens liga-wedstryde is die afrigters onder geen verpligting om die reserwes speelgeleentheid te gee nie. Dit moet net duidelik aan die spelers sowel as sy/haar ouers oorgedra word.
    • Tyden vriendskaplike wedstryde MOET reserwes speelgeleentheid kry.

Kommunikasie:

Daar sal ‘n alegemene hokkie vergadering gehou word Dinsdag 25 Julie 2017, 18:00 in die skool saal. Indien u enige navrae het in verband met die keurings proses, spanne en liga bepalings is u meer as welkom om my te kontak – 073 571 5759.

Gedragskode:

Spelers:

    • Spelers moet speel vir genot en nie om hul ouers tevrede te stel nie.
    • Spelers moet die reёls van die spel gehoorsaam.
    • Spelers moet hul humeure in toom hou.
    • Spelers moet ewe hard werk vir hulself en vir hul span.
    • Spelers sal goeie sportmanskap uitbeeld.
    • Spelers sal saamwerk en hul afrigter/hulp-afrigter en skeidsregter respekteer.
    • Spelers sal nie ‘n skeidsregter bevraagteken nie.
    • Spelers word aangemoedig om almal wat dit vir hulle moontlik gemaak het om te speel te waardeer.
    • Spelers moet betyds wees vir oefeninge sowel as wedstryde.

Ouers:

    • Ouers word nie aangeraai om hul kinders te dwing om hokkie te speel nie.
    • Ouers moet onthou dat die kinders daar is vir hul genot om hokkie te speel.
    • Ouers moet hul kinders aanmoedig om by die reёls van die spel te hou.
    • Ouers moet hul kinders leer dat sy “honest effort” wat hy gee tydens die spel so goed soos ‘n oorwinning is, maak nie saak wat die uitslag is nie.
    • Ouers sal nie die skeidsregter se oordeel in twyfel trek nie.
    • Ouers word versoek om die waarde van die afrigters/skeidsregters en die bestuur van die span te respekteer.
    • Ouers word versoek om die afrigtingspan ten volle te ondersteun.
    • Ouers word versoek dat hul kind betyds by oefeninge en wedstryde is. Indien nie moontlik moet daar vroegtydig met die afrigter reёlings getref word.
    • Ouers moet toesien dat hul kind reg gekleё is vir oefeninge en wedstryde.
    • Ouers moet aan die afrigter bekend maak as daar enige besering, siekte of mediese toestand by hul kind aanwesig is.

Afrigters:

    • Afrigter/s is verantwoordelik vir die gedrag van sy/haar span en die se toeskouers.
    • Afrigter/s moet redelik in hul eis wees t.o.v. van die spelers se tyd, energie en entoesiasme.
    • Afrigter/s sal die reёls van die spel aan spelers oordra.
    • Afrigter/s sal alles in sy/haar vermoё doen dat elke speler speelkans kry tydens ‘n wedstryd.
    • Vriendskaplike wedstryde en toere is blootstelling vir almal. Ligawedstryde bepaal die afrigter wie is reserwes.
    • Afrigter/s sal dissipline en respek aanmoedig by die spelers.
    • Afrigter/s sal op mediese aanbevelings gaan wanneer ‘n speler beseer is.
    • Afrigter/s aanvaar dat die spelers ‘n afrigter nodig het wat hulle kan respekteer.
    • Afrigter/s sal dit hulle plig sien om op hoogte te bly met afrigtingstegnieke en reёls van die spel.
    • Afrigter/s sal sportmanskap oordra.
    • Afrigter/s sal sorg dat elke poging vir beide vaardigheidverbetering en goeie sportmanskap raak gesien en erken sal word.
    • Afrigter/s sal AANDRING OP “FAIR PLAY” en sal nie vuilspel, baklei of krutaal duld nie.
    • Afrigter/s sal aandring op GEDISSIPLINEERDE SPEL.
    • Afrigter/s sal ‘n voorbeeld stel deur goeie persoonlike gedrag.