Netbal

    • Organiseerder: Chantelle Redelinghuys

NETBALBELEID:

1. Organiseerder:

    • Alle besluite rakende netbal by Laerskool Mariepskop moet aan die Hoof van die skool voorgehou word.
    • Die organiseerder is verantwoordelik vir alle reëlings rondom afrigting, wedstryde, toere, briewe aan spelers en ouers en ook vergaderings.
    • Alle besluite wat afrigters wil neem, moet eers aan die organiseerder voorgehou word.
    • Die organiseerder is verantwoordelik vir alle toerusting en netbalklere.

2. Afrigting:

    • Gr1&2 Dinsdae en Donderdae 12:00-13:00
    • Gr.3-7 Maandae, Dinsdae en Donderdae 13:30 -14:30.
    • Wees 5 minute voor oefening by die bane, voorbereid vir elke oefening.
    • Bring die volgende asb. netbaloefening toe: balsak, fluitjie en bordkruit en bibs.
    • Maak ‘n groepie oop op whats app, om inligting met die ouers te kommunikeer.
    • Geen oefening mag afgestel word nie, reël vroegtydig.
    • Konsentreer 80% van die oefentyd op vaardighede (voet- en balwerk).
    • Afrigters moet sorg dat die korrekte vaardighede ingeoefen word.
    • Afrigters moet voorbereid wees en weet wat hulle met die span wil bereik.
    • Afrigters is verplig om ontwikkelingskursese by tewoon bv. Netbalkliniek en skeidsregters gradering.

3. Proewe en spankeuses:

    • Daar word net proewe gehou by die 0/13 en waar daar te veel kinders is vir ‘n netbalspan.
    • Dit is die afrigter se keuse om sy span te kies soos sy wil, (regverdig) en alle spanne word aan die organiseerder en die hoof voorgelê.

4. Netbaltoere:

    • Dit is die afrigter se verantwoordelikheid om toe te sien dat alle dokumentasie rondom vrywaringsvorms in orde sal wees.
    • Die afrigter moet ook toesien dat alle gelde vir die toer ingesamel sal word.
    • Dit is die afrigter se primêre verantwoordelikheid om toe te sien dat die leerders ten alle tye veilig is op die toer.

5. Mini-Netbal:

    • Ontwikkeling van basiese vaardighede.
    • Spanne word nie op meriete gekies nie.
    • Alle spelsters kry gelyke speelkans.
    • Oefentye in skooltyd.
    • Wedstryde is op Saterdae (rondomtalie).
    • Spelsters moet ten minste driekeer (2weke) op dieselfde posisie speel voor geruil word.
    • Die hoofdoel is om ‘n liefde vir die sport te kweek.
    • Afrigters is verplig om ontwikkelingskursusse by te woon bv. Netbalkliniek en skeidsregtersgradering.