Stimulus Maksima

Stimulus Maksima is ‘n rekenaarprogram wat die leerders van Laerskool Mariepskop se leesvermoëns ontwikkel en verbeter op ‘n weeklikse basis. U as ouer kan die onderstaande instruksies volg om u kind se vorderingsverslag te verkryg:

Stappe om u kind se verslag te kan sien

1. Google Chrome – maak die adres blokkie skoon.

2. Tik in: sm.lain.co.za (Of kliek op die link)

3. Die volgende bladsy sal verskyn.

4. Tik u kind se login nommer aan die regterkant in.

_________________________se nommer is 1069- _________________________ (geenspasies)

5. Kliek op Sign In.

6. Kliek op learner report (links bo).

7. Verander die taal na Afrikaans.

8. Kliek op view report.

Sien u kind se lees verslag vir elke les.

Interpretasie van u kind se verslag:

    • Heel links is u kind se lesresultate.
    • Die tabel verteenwoordig die aantal lesse met die leesspoed, begrip en spelling persentasie aangedui.
    • ’n Leë blokkie by leesspoed / spelling dui daarop dat hierdie aktiwiteit nie gedoen is nie.
    • Die vlak beteken op watter vlak u kind lees.
    • Bv. ‘n Graad 4 leerder behoort op vlak 4 te lees.
    • Ons poog dat alle leerders gemotiveer word om hulle vlak met ten minste 80% voor die einde van die tweede kwartaal te bereik.
    • Indien nie, moet u kind asseblief ekstra leesoefeninge doen.
    • Regs verskyn die resultate in grafiekvorm.
    • Die EDL tabel aan die bokant van die bladsy, is die vereiste leesspoed per graad.
    • Dis die uiteindelike doelwit van woorde per minuut per graad vir die einde van die jaar.
    • Leesspoed is egter nie die hoofdoel nie, want ons fokus meer op stillees en begripsvaardighede op die vlak van die kind.
    • Kyk dus eerder na die lees- en begripsvlakke van u kind.

***********************************************************************************************

In die EDL – Tabel hier onder word die uiteindelike doelwit van woorde per minuut per graad aan gedui.