Gedragskode

Dissipline

Oortredings word in die volgende kategorieë verdeel:

Ernstige oortredings

    • Leerder pleeg erge vandalisme

    • Leerder beseer mede-leerder deur aanranding

    • Leerder in besit van gevaarlike wapen

    • Leerder in besit van sigarette of betrokke

    • Leerder in besit van alkohol of betrokke

    • Leerder in besit van pornografie of betrokke

    • Leerder betrokke by seksuele teistering, onsedelike of aanstootlike gedrag

    • Leerder betrokke by diefstal

    • Leerder in besit van dwelms of betrokke

    • Leerder ondermyn die gesag figure/ strukture aan die skool / laster

    • Leerder betrokke by ernstige viktimisering / afknouery / boeliegedrag

    • Leerder maak hom skuldig aan herhaalde oortredings t.o.v. gedragskode.

Oortredings: Ernstig van aard

Gesien in die lig van die baie ernstige aard van oortreding, sal die volgende remediërende aksie geld :

    • Leerder word formeel aangekla wat ‘n dissiplinêre verhoor tot gevolg sal hê

    • ‘n Verklaring sal afgeneem word by die betrokke leerders sowel as getuies.

    • Die betrokke leerder sal tydelik vir 5 skooldae geskors word ten einde die saak te ondersoek.

    • Die ouers van die betrokke leerder sal skriftelik in kennis gestel word van die dag, datum, plek en tyd waartydens ‘n dissiplinêre verhoor gehou sal word.

    • Die dissiplinêre komitee maak ‘n aanbeveling aan die Beheerliggaam vir verdere optrede.

    • Indien besluit word op ‘n skorsing sal die Bestuursliggaam sodanige aanbeveling aan die Onderwyshoof maak.

Enige ernstige oortredings word direk na die DPO verwys en die nodige dissiplinêre aksie sal met die hoof en dissiplinêre komitee bespreek word.

Die volgende byvoegings ten opsigte van die dissiplinêre maatreëls van Laerskool Mariepskop.

‘n Leerling wat hom/haar herhaaldelik skuldig maak oortredings en meer as 20 minuspunte ontvang, sal van die volgende ontneem word:

    1. Enige leerling wat hom/haar aan 20 minuspunte skuldig maak sal die voorreg ontneem word om enige Opvoedkundige uitstappies of ekskursies by te woon. Dit sluit die volgende in: Graad 7 Toer , Graad 7 afskeid of enige ander toer of uitstappie wat deur die skool gereël word.

    2. Geen speletjiesdae, filmsessies of enige ander aktiwiteit wat die skool as ontspanning ag of aanbied mag bygewoon word nie. Dit sluit die dra van gewone klere tydens die laaste skooldag van die kwartaal in.

    3. ‘n Leerling wat 20 minuspunte het sal ook die voorreg ontneem word om in aanmerking te kom om ‘n leier aan Laerskool Mariepskop te word.