Krieket

Organiseerder:

Juanli Oosthuizen

Krieketbeleid

Organiseerder.

    • Alle besluite rakende krieket by Laerskool Mariepskop moet aan die Hoof van die skool voorgehou word.
    • Die organiseerder is Me. Jaunli Oosthuizen.
    • Die organiseerder van die skool is verantwoordelik vir alle reëlings rondom afrigting, wedstryde, toere, briewe aan spellers en ouers en ook vergaderings.
    • Alle besluite wat afrigters wil neem moet eers aan die organiseerder voorgehou word.
    • Elke afrigter is verantwoordelik vir sy span se toerusting en die organiseerder is oorhoof vir al die toerusting verantwoordelik.

Afrigting.

    • Tye vir afrigting word bepaal aan die begin van die seisoen sodat dit nie met hokkie bots nie.
    • Velde word aan die begin van die seisoen gereël.
    • Geen oefening mag afgestel of geskuif word nie, tensy ouers vroegtydig in kennis gestel word dat die oefening afgestel is.
    • Afrigters moet seker maak dat korrekte vaardighede by die kinders ingeoefen word.
    • Oefeninge moet beplan word en afrigters moet weet wat hulle met die span wil bereik.
    • Afrigters hou self met hulle span se ouers vergadering.
    • Elke afrigter is ook verantwoordelik om sy eie borge vir sy span se behoeftes te reël en ook toe sien dat daardie borge op die regte wyse bedank word.
    • Afrigters tree op as skeidsregters tydens wedstryde.
    • Elke afrigter is verantwoordelik vir die reel van ‘n tellinghouer en die tellingboek en skryfbehoeftes wat hulle sal benodig.

Proewe en spankeuses.

    • Daar word net proewe by die eerste krieketspan gehou sou die groep van so aard is om dit te kan doen.
    • Dit is die afrigter se keuse om sy span te kies soos wat hy wil, en alle spanne word aan die organiseerder en hoof voorgelê.
    • Die sportbeleid van Laerskool Mariepskop stel dat sport vir die ontwikkeling daarvan gedoen word en dus sal gepoog word om elke speler speel kans te gee. Die beste span sal egter gespeel word sou daar deurgedring word na volgende rondtes.
    • Ouers kies nie spanne nie.

Toere.

    • Dit is die afrigter se verantwoordelikheid om toe te sien dat alle dokumentasie rondom toere in orde sal wees.
    • Die afrigter moet toesien dat alle gelde vir die toer ingesamel sal word.
    • Dit is die afrigter se primêre verantwoordelikheid om toe te sien dat die leerders te alle tye veilig is op die toer.