Kultuur

Kultuur is ’n belangrike deel van Laerskool Mariepskop se holistiese benadering tot opvoeding. Om op ’n verhoog voor mense op te tree is vir menige volwassenes steeds vreesaanjaend. Ons tweejaarlikse konserte is ’n hoogtepunt, hier kry elke leerder in die skool ’n geleentheid om op ’n verhoog op te tree en leer hulle deur pret en plesier hierdie belangrike vaardigheid aan. Ons bied ook ’n verskeidenheid ander aktiwiteite aan om individuele talent te akkommodeer, hier kan almal inskakel. Ons glo in geesdrif, passie en plesier.

Eisteddfod
Redenaars
Konsert

Eisteddfod

Redenaars

Konsert