Eisteddfod

“Hier word ‘n geleentheid gebied, ‘n Godgegewe kans, om te kan meeding, standaarde op breë vlak te vergelyk en veral ondervinding op te doen wat van onskatbare waarde is. Dit is ‘n rypwordingsproses wat elke potensiële kunstenaar moet ervaar. Aan ALMAL word die geleentheid gegee om deel te neem aan ‘n groot verskeidenheid kunsvorme – nie net om te wen nie – maar om jouself voor te berei vir jou EIE toekoms.” - Mimi Coertse

Laerskool Mariepskop neem jaarliks deel aan die Eisteddfod se Afrikaanse Drama en Engelse Drama afdeling. Elke tweede jaar neem ons ook deel aan hulle spreekkore.

Daar is ‘n weie verskeidenheid items waaraan die leerders kan deelneem. Die leerders se gunsteling is die formele en gedramatiseerde poësie.

Dit is ‘n eksterne aktiwiteit daarom is die ouers self verantwoordelik vir die betaal van die inskrywingsfooie.