Rugby

Die jaar 2016 was 'n besonderse jaar vir rugby by Laerskool Mariepskop. Al drie ons rugbyspanne het deur gedring na die finale wat in Warmbad gehou was. Ons o/11 span het in die semi-finaal verloor. Ons 1ste- en o/9 rugbyspan het as wenners van Limpopo Kleinskole uitgetree. Ons 1ste span het ook dus ons beker suksesvol verdedig nadat dit in 2015 ook deur Laerskool Mariepskop gewen was.

Ons het die jaar ook 3 provinsiale spelers opgelewer en talle streeksweek spelers. Ons provinsiale spelers was Graeme Montgomery o/12, Werner Geldenhuys XV-tal en Van Reenen Kruger Cravenweek span. Ons as Riepies is voorwaar trots op die rugbysterre van ons.

    • Organiseerder: Neels de Kock

RUGBYBELEID:

1. Organiseerder:

    • Alle besluite rakende rugby by Laerskool Mariepskop moet aan die Hoof van die skool voorgehou word.
    • Die organiseerder is Mnr Neels de Kock.
    • Die organiseerder van die skool is verantwoordelik vir alle reëlings rondom afrigting, wedstryde, toere, briewe aan spelers en ouers en ook vergaderings.
    • Alle besluite wat afrigters wil neem, moet eers aan die organiseerder voorgehou word.
    • Die organiseerder is ook verantwoordeilik vir alle reëlings rondom bulletjierugby.
    • Die organiseerder is verantwoordelik vir alle toerusting.

2. Afrigting:

    • Elke span het onderskeie tye en velde om op te oefen.
    • Velde word aan die begin van die jaar gereël.
    • Geen oefening mag afgestel word nie, tensy die ouers vroegtydig met ‘n brief in kennis gestel word dat die oefening afgestel is.
    • Afrigters moet seker maak dat korrekte vaardighede en by die kinders ingeoefen word.
    • Oefeninge moet beplan word, en afrigters moet weet wat hulle met die span wil bereik.
    • Afrigters moet self met hulle ouers vergadering hou.
    • Elke afrigter is ook verantwoordelik om sy eie borge vir sy span se behoeftes te reël, en ook toe te sien dat daardie borge op die regte wyse bedank word.
    • Afrigters is ook verantwoordelik vir die merk van velde
    • Afrigters moet ook optree as beamptes tydens wedstryde.

3. Proewes en spankeuses:

    • Daar word net proewe by die eerste rugbyspan gehou.
    • Dit is die afrigter se keuse om sy span te kies soos hy wil, en alle spanne word an die organiseerder en die hoof voorgelê.
    • ‘n Reserwe dien tydens die super 12 en die ligawedstryde uitsluitlik net as ‘n reserwe, en kom net op as daar ‘n besering is, of as die afrigter hom met ‘n speler wil vervang. Tydens die vriendskaplike wedstryde en toere moet die reserwes speelkans kry.
    • Ouers kies nie spanne nie.

4. Toere:

    • Dit is die afrigter se verantwoordilikheid om toe te sien dat alle dokumentasie rondom toere in orde sal wees. (vrywaringsvorms ens.)
    • Die afrigter moet ook toesien dat alle gelde vir die toer ingesamel sal word.
    • Dit is die afrigter se primêre verantwoordelikheid om toe te sien dat die leerders ten alle tye veilig is op die toer.

5. Bulletjierugby:

    • Bulletjierugby is uitsluitlik iets wat deur die ouers bestuur moet word, in samewerking met die rugbyorganiseerder.
    • Die bulletjie afrigters hou vergadering op hul eie, maar die rugbyorganiseerder is ook teenwoordig op hierdie vergaderings.
    • Die organiseerder hanteer alle reëlings en korrspondensie met ander skole rondom bulletjiedae.
    • Die skoolorganiseerder, saam met die bulletjievoorsitter en afrigters is verantwoordelik vir die reël van Mariepskop se bulletjiedag.