Swem

    • Organiseerder: Chantelle Redelinghuys

By Laerskool Mariepskop word gepoog om swemtegniek, fiksheid, sportmangees en sportmoraliteit te ontwikkel. Die wenfaktor word nie benadruk nie, maar wel die verbetering van elke swemmer se potensiaal. Met swem moet die deelnemer leer om sy medemens by te staan en op te hef, te streef na vorming van geheel as mens, nl. fisies, psigies, moreel en laastens om sterk te staan teen uitdagings van die lewe, uitdagings te hanteer en terugslae met ‘n goeie sportmangees te hanteer. Dit bly te alle tye die hoofdoel om deel te neem met eerlike spel en nie om te wen nie. Die volgende waardes word nagestreef

    • Respek vir jou eie liggaam sowel as die opponent se liggaam;
    • Respek vir sport wat jy beoefen;
    • Respek vir die reëls van die sport;
    • Respek vir finale beslissing van die skeidsregter;
    • Om te wen met trots, te verloor met waardigheid sonder verskonings;