Konsert

In 2016 was dit weer tyd vir ons tweejaarlikse konsert. By Laerskool Mariepskop beteken dit 12 weke van repeteer, danse choreografeer, dekor verf en bou, rekwisiete maak en ‘n garderobe beplan en saamstel. Saam met dit natuurlik groot opgewondenheid onder elke Gr.6 en 7-leerder aangesien almal ‘n rol in die konsert kry.

Lank voor die repetisies begin en die eerste verfkwas opgetel word, word daar ure lank aan ‘n tema gewerk en ‘n teks geskryf wat by ons unieke skool en leerders pas.

2016 was die jaar om weer in sprokies te glo:

Die eerste bedryf was tradisioneel, prinse op perde, prinsesse en ‘n kasteel.

Daar was drie sprokies in ‘n ry:

Sneeuwitjie, Doringrosie en Aspoestertjie het almal ‘n beurt gekry.

Die klasse het die gehoor met hul danse getrakteer

terwyl die spreekkore in rym vertel het van sprokies van weleer.

Die tweede bedryf was ‘n perd van ‘n ander kleur:

hierdie keer was dit ‘n pantomieme, DIE PRINSES EN DIE ERTJIE

vir die eerste keer op ons planke te siene.

In hierdie genre speel akteurs soms die teenoorgestelde geslag

Die gehoor het heerlik vir ons akteurs gelag.

Die humor, musiek en rekwisiete was aktueel

dus het Zuma en Malema deel uitgemaak van ons toneel

In ons konserte is daar maar altyd ‘n les.

Of almal dit leer? Ons doen maar net ons bes.

Iedereen is desperaat op soek na geluk

Alles moet mos deedae niks minder as uitsonderlik

Die gejaag na alles is net ’n klug

Ware geluk is doodeenvoudig

Eers As jy besef dat doodgewone dinge jou hart buitengewoon moet raak

Weet jy al die ander dinge soos prinse op perde maak glad nie meer saak

Ons elkeen se lewe is een lang verhaal

Net jy besluit of die hoofkarakter gaan faal

Ons sprokies word neergepen deur die Skrywer daar bo

Dis tyd ons weer dankbaar in ons eie verhale moet glo.