Welkom by Laerskool Mariepskop, ’n kosbare Afrikaanse juweel, ’n tradisieryke skool aan die voet van die Drakensberg, tussen bos en stroom, bykans tagtig jaar oud en algemeen bekend as die “LEKKER PLEK” Laerskool Mariepskop is:

    • Die plek waar elke kind tel, waar individualiteit aangemoedig word en elkeen tot sy reg kom.
    • Die plek waar hoë akademiese standaarde gehandhaaf word en elkeen optimaal volgens eie vermoë ontwikkel en presteer.
    • Die plek waar balans belangrik is en sport-en kultuur deelname in ’n gesonde kompeterende atmosfeer ontwikkelend plaasvind.
    • Die plek waar jou beste altyd goed genoeg is.
    • Die plek waar waardegedrewe Riepies in ’n ontspanne, gesonde omgewing kan skoolgaan.
    • Die plek waar kaalvoet kinders nog na hartelus kan speel en baljaar.
    • Die plek waar betrokke ouers en ’n meelewende gemeenskap eienaarskap van die skool neem.
    • Die plek waar entoesiastiese positiewe onderwysers nog kinders leer en ontwikkel.

Met ander woorde, DIE “LEKKER PLEK”

Facebook
Instagram