Akademie

Akademie is ons hoogste prioriteit. Dit is die een aspek wat die grootste verskil in ’n kind se toekoms kan maak. By Laerskool Mariepskop pak ons akademie met entoesiasme en pret aan. Ons gebruik bekwame, kundige personeel wat bydra tot die skep ’n positiewe selfbeeld by elke leerder.

Ons bied:

    • Dinamiese Christelike moedertaalonderrig.
    • Individuele begeleiding tot optimale potensiaalontwikkeling.
    • ’n Verrykte Nasionale Kurrikulum met differensiasie wat voortdurend aangepas word.
    • ’n Stimulerende leeromgewing met ’n gesonde kultuur van prestasie.
    • Toegewyde leerderondersteuning met konsessie geleenthede vir leerders .
    • ’n Uitstekend toegeruste leeslaboratorium vir Gr.1-7

Dit is waarom ons ’n beduidende verskil in elke kind se lewe maak. Ons leerders is gesog en op aanvraag by hoërskole in die omgewing. Suksesvolle oud-leerders keer terug na Laerskool Mariepskop as ouers en grootouers om dieselfde geleenthede vir hulle kinders en kleinkinders te bied.

Kleuterskool
Grondslagfase
Seniorfase
Stimulus Maksima

Kleuterskool

Grondslagfase

Seniorfase

Stimulus Maksima