Redenaars

Wat is die doel met Redenaars?

Laerskool Mariepskop streef daarna om ons Redenaars die geleentheid te gee om met selfvertroue ander mense te oorreed, vermaak, in te lig en te motiveer. Riette Rust skryf in die Sarie van Maart 2011 dat redenaars ‘n kind leer om krities en konstruktief te dink. Hierdie vaardighede is baie waardevol wanneer die leerder eendag belangrike besluite wat hulle toekoms raak moet neem.

Organiseerder:

Me. Anke du Toit

ATKV en Radikale Redenaars

Ons skool neem jaarliks deel aan 3 kompetisies wat die leerders die geleentheid gee om hierdie vaardighede te ontwikkel:

  • Laerskool Mariepskop Redenaarsaand:

Ons skool se Redenaarsaand is hoofsaaklik om die leerders te keur wat deurgaan die na ATKV- Redenaars kompetisie toe. Beoordelaars wat die ATKV- beoordelaarskursus gedoen het is verantwoordelik om die leerders te kies wat deurgaan na die ATKV-kompetisie toe. Wat die Redenaarsaand besonders maak is leerders wat sommer net vir die lekker wil deelneem is meer as welkom. Hoe meer kinders by die Redenaarsaande, hoe beter.

  • ATKV- Redenaars:

Die ATKV-Redenaarskompetisie skryf elke jaar temas voor waaruit leerders dan 'n onderwerp formuleer en 'n oorredende en beredeneerde toespraak moet skryf. Die hoofdoel is nie die oordra van kennis aan die gehoor nie, maar om die gehoor tot die standpunt wat die spreker stel te beïnvloed en te oorreed.

Die ATKV bepaal ook hoeveel leerders van ‘n sekere kategorie mag deelneem.

Die skool betaal die inskrywingsfooie vooraf en daarna is die ouers is verantwoordelik om die gelde aan die skool terug te betaal.

Ons is trots om te sê in 2016 is daar 2 leerders gewees wat in die Top 10 geëindig het by die Nasionale Rondte.

  • Radikale Redenaarsfees:

Die RRF streef daarna om vir ALMAL die geleentheid te bied om voor 'n gehoor op te tree deur 'n toespraak te lewer. Nie net lewer redenaars 'n positiewe bydrae tot elke spreker se selfvertroue nie en selfkonsep nie, maar dit dra ook tot verbeterde kommunikasievermoëns by. Ons poog om die RRF so lekker, lig en informeel as moontlik te hou. Klem val op aanmoediging en motivering, eerder as kritiek.

Daar is nie ‘n beperking aan die leerders wat deelneem aan die Radikale Redenaars nie. Ons het in 2016 ‘n soveel inskrwyings gehad dat die eerste uitdun rondte by die skool gehou was.

Die RRF gee nie spesifieke onderwerpe vir die leerders se toesprake nie. Die enigste vereiste is dat leerders beredeneerbare toesprake moet hê. Die hoofdoel van die praatjie is nie die oordra van kennis nie, maar om die gehoor te oorreed van die spreker se standpunt.

Die skool betaal die inskrywingsfooie vooraf en daarna is die ouers is verantwoordelik om die gelde aan die skool terug te betaal.

Riepies se antwoorde op die vraag: Hoekom doen jy Redenaars?

Petla Venter: “Want as ek groot is en ek moet voor mense praat gaan ek nie skaam wees nie.”

Anjoe Cronje: “Redenaars is baie lekker vir my. Ek leer ook baie nuwe woorde in my praatjies en dit maak my slimmer.”

Malayka Chilwane: “Dit gee my selfvertroue en laat my in myself glo as ek voor baie mense moet praat.”