OMSENBRIEF 40 (OB40 2015)

Post date: 01-Jul-2016 11:14:56

Geagte ouers

1. PERSONEEL:

Ons groet vir Esté van Reenen en oom Piet van der Merwe wat ons verlaat. Baie dankie vir julle getroue diens en die tyd by Laerskool Mariepskop. Jul sal altyd ’n blywende verbintenis met ons as gemeenskap hê. Baie sterkte met jul lewensreis saam met jul gesinne. Juffrou Lida Mollentze skuif na die Gr. R.-klas toe. Baie welkom dan ook aan die volgende personeel wat in 2016 by ons aansluit: Elmarie Kruger -assistent vir Gr. 1-klas, Annemie Redelinghuys – Graad 2, Jacqui Biewenga – assistent vir Gr. 3-klas en Chantelle Redelinghuys – Intermediêre fase

2. AFSLUITING: VRYDAG, 27 NOVEMBER 2015

Ouers is welkom om die afsluiting vanaf 09:45 saam met ons by te woon. Die skool kom 11:00 uit.

3. RAPPORTE:

Rapporte kan Vrydag, 4 Desember, vanaf 07:00 – 09:00 afgehaal word voor die koshuis op die grasperk. Ouers moet dit asb. self kom afhaal. Rapporte wat nie afgehaal word nie sal gebêre word tot volgende jaar. Die skool open weer op 13 Januarie 2016 om 07:00

4. FINANSIES:

Die jaar het uiteindelik tot ‘n einde gekom! Daar is egter nog sommige ouers wat nie skoolgeld tot op datum betaal het nie. Gaan asseblief noukeurig deur jul maandstate om te verseker dat ons met mekaar ooreenstem. Daar is nog meer as R10 000 in die afwagrekening as gevolg van betalings wat óf deur kodes óf kontant inbetaal is. Die enigste manier hoe ons kan weet wie dit betaal het, is as jy deur jou maandstaat gaan en ons laat weet as jy met ons verskil. As jy dalk een van die volgende kodes gebruik het, laat weet my asseblief a.s.a.p. 5744 en1061. Die res van die betalings was in kontant, sonder enige verwysing.”

5. D6-kommunikeerder:

Kyk gerus op die kommunikeerder na belangrike datums vir volgende jaar.