Laerskool

Laerskool Mariepskop volg 'n volledige gestruktureerde akademiese leerplan, gebaseer op die Hersiene Nasionale Kurrikulum verklarings. Geïntegreerde leer vind plaas, noodsaaklike vaardighede, konsepte en insigte word ontdek en speel-speel baasgeraak. Die fasiliteerders spog met ervaring en kreatiwiteit. Selfs die lewendigste klas, word heeljaar met ywer op 'n ontdekkingspad gelei. Om ons standaard te monitor neem ons jaarliks aan 'n Nasionale Conquesta Olimpiade deel.

Ons akademiese leerplan is krities, kreatief en interaktief. Ons kweek 'n leerkultuur met selfstandige hardwerkende leerders. Ons program is primêr op die ontwikkeling van vaardighede en die uitkomste daarvan gerig sowel as op die stimulering van die leerders met die oog op volle deelname aan die ekonomiese en sosiale lewe.

STIMULUS MAKSIMA

Vanaf 2012 vorm ‘n moderne leeslaboratorium, wat voorsiening maak vir 36 leerders, deel van die leerders se leerprogram. Die Stimulus Maksima leesprogram fokus op die verbetering van basiese leesvaardighede in die Grondslag- en Intermediêre-fase

Die volgende aspekte word aangespreek in die Grondslagfase (Gr 1 – 3):

  • Doelwitintegrering
  • Simboolherkenning
  • Hardop lees (woord vir woord)
  • Frasering
  • Aanvangslees
  • “Leer om te lees”

Die volgende aspekte verdien aandag in die Intermediêre fase (Gr 4 – 6):

  • Meer vloeiende lees
  • Woordherkenning
  • Konsolidering van begrippe
  • Beantwoord letterlik vrae

In die Seniorfase ( Gr 7) fokus die program op:

  • Die ontwikkeling van leesbegrip
  • Betekenis van woordeskat
  • Inneem van besonderhede
  • Identifisering van hoofgedagtes
  • Maak gevolgtrekkings
  • Ontsluit inligting uit boeke
  • Woordbetekenis uit konteks, hoofgedagtes en ondersteunende feite
  • Gevolgtrekkings maak
  • Veralgemenings maak
  • Oorsaak en gevolg herken
  • Herken analogieë

“Lees is die belangrikste akademiese vaardigheid en is die grondslag vir akademiese leer. As ons kinders nie kan lees nie, is hulle op die pad van mislukking. Om kinders te leer lees moet ons grootste prioriteit wees.” (Bron onbekend)

CONQUESTA:

Dit is ‘n internasionale meetinstrument waar leerders en leerareas se prestasies met ander skole vergelyk word. Meer as 1500 skole het in 2010 deelgeneem. Ons leerders presteer as volg in 2010:

Afrikaans

  • Graad 1 = 7 de plek
  • Graad 5 = 20 ste plek
  • Graad 6 = 20 ste plek
  • Graad 7 = 17 de plek

Wiskunde:

  • Graad 5 = 19 de plek
  • Graad 7 = 5 de plek