Admin

FINANSIES

Skoolgelde vir 2015

Die bepaling van die skoolgelde vir die jaar is vasgestel op `n ouervergadering waar die begroting bespreek is.

Rekening nommer van skool:

Laerskool Mariepskop

FNB Hoedspruit

TAK KODE: 270652

REK: 52390010356

1 Betaalwyse van skoolgeld.

1.1 Kontant of tjek

Die skool en busgelde kan by Zenta Nel by die kantoor inbetaal word. Sien asb toe dat u kind vir u `n kwitansie bring en plak dit in sy/haar huiswerkboek.

1.2 Elektroniese betaling

Gebruik u kind se famieliekode en van as verwysing. Ons ontvang talle betalings sonder bewyse in die bankrekening , korrekte allokering is dan nie moontlik nie.

1.3 Aansoek om korting/betaling van verminderde skoolgeld

Ooreenkomstig die bepalings van artikel 38 en 39(1) van die Suid-Afrikaanse Skolewet is skoolgeld verpligtend. Ouers wat aanvoer dat hulle nie in staat is om skoolgelde te betaal nie en daarom op algehele-, gedeeltelike-, of voorwaardelike vrystelling van betaling van skoolgeld aanspraak maak by wyse van artikel 39(4) van die Skolewet en die regulasies daarin moet by die beheerliggaam aansoek doen om sodanige vrystelling. Die beheerliggaam sal die aansoek oorweeg en die aansoeker van die uitkoms in kennis stel. Aansoeke moet die kantoor bereik voor 13 Februarie 2015 . Alle vorige aansoeke moet jaarliks hernu word. Toepaslike aansoekvorms is by die kantoor verkrygbaar.

1.4 Invorderingsbeleid

Indien die ouer versuim om skoolgeld te vereffen of om `n reëling te tref vir die betaling daarvan, sal u rekening oorhandig word aan `n prokureur of skuldinvorderaar. Ouers kan dan verantwoordelik gehou word vir opsporingskoste, invorderingskostes en/of kliëntkoste. Die beheerliggaam versoek dus elke leerder se ouers of voogde om die betalingsooreenkoms na te kom.

Die volgende vorm kan in .pdf formaat afgelaai word: (Klik op die betrokke vorm om dit af te laai)